Motoris tref bees op N4

‘n Motoris het wonderbaarlik net ligte beserings opgedoen toe hy Woensdag ‘n bees op die N4-snelweg naby Brits getref het. Die voertuig het die pad verlaat en in die bosse langs die snelweg tot stilstand gekom. Die bees is in die ongeluk dood.