Een ernstig na R556-ongeluk

Een persoon is ernstig beseer in ‘n enkelvoertuigongeluk op R556 naby Brits. Die bestuurder het beheer oor die motor verloor en dit het gerol en teen ‘n boom tot stilstand gekom.

Die ernstig beseerde persoon is per noodhelikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg en nog ‘n insittende is per ambulans na ‘n hospitaal in Brits vervoer.