Brits-vulstasie deur gewapende rowers beroof

Gewapende rowers het Dinsdagaand personeel by ‘n vulstasie by Brits oorval en aangehou voor hulle met geld en sigarette gevlug het.

Die rowers is op kamera vasgevang.


Sewe mans, waarvan vyf gewapen was het ongeveer 20:00 met ‘n wit Toyota Hilux met vals nommerplate by die Elegant-vulstasie ingery en personeel met vuurwapens aangehou. Volgens die bestuurder, Julian Erasmus, het die rowers sigarette en geld uit die kasregister geneem. Hulle het ook ‘n vuurwapen van ‘n veiligheidswag afgeneem voor hulle in die voertuig gevlug het.
Niemand is tydens die roof beseer nie.
Die rowers is op veiligheidskameras vasgevang en die polisie is op soek na hulle.
Enigeen met inligting oor die voorval, word versoek om die Brits polisie te kontak. Wenke kan ook anoniem op die MySAPS-toep geplaas word.