Uiteindelik…Madibeng takel slaggate in Schoemansville

Werkers van die Madibeng-munisipaliteit het Dinsdag die slaggate in Schoemansville getakel.

Hulle het Dinsdag by Maraisstraat begin en Woensdag na Malanstraat beweeg. Al die strate in Schoemansville is in ‘n haglike toestand. Op navraag watter strate aandag sal geniet, het die munisiplaiteit teen Woensdag nog nie geantwoord nie.