Nog ‘n weldoener takel begraafplaas

Kort op die hakke van verlede week se aktiwiteite by die Schoemansville-begraafplaas, het nog ‘n weldoener dié week ingespring en die onbegaanbare paaie na en op die perseel getakel.

Dit volg na ‘n anonieme weldoener verlede week geld bewillig het om die terrein op die begraafplaas skoon te maak en op te knap sodat besoekers in ‘n veilige en skoon omgewing die begraafplaas kan besoek.

Plaaslike inwoner en kontrakteur, Johan Bester, het vandeesweek ook ‘n span ingestuur om die verspoelde paaie te skraap en op te vul sodat motors weer gemaklik die begraafplaas kan bereik. “Baie dankie aan die weldoeners vir hul onbaatsugtige werk,” sê Romano van der Spuy wat aan die stuur van die opknapwerk was.