Hartbeespoort loop deur onder diewe

Hartbeespoort het gedurende die feesseisoen behoorlik onder die diewe deurgeloop. Vyf-en-veertig huisbrake en 16 motordiefstalle is ondermeer in Desember aangemeld.

Die gewildste items tydens die huisbrake was skootrekenaars, televisiestelle en huishoudelike toerusting.

Daar het drie gewapende huisrowe en twee gewapende besigheidsrowe plaasgevind.

Daar het ook 13 besigheidsinbrake plaasgevind, onder andere ‘n hele paar by restaurante waar drank en kos gesteel is.

Hekmotors was ook ‘n gewilde keuse onder diewe en talle hekmotors in in Hartbeespoort gesteel.

Sestien karre is in die area gesteel en nog pogings tot motordiefstal is aangemeld.

Daar is 27 bedrogsake aangemeld, waarvan die meeste internetbedrog was.

Die polisie het 120 mense in hegtenis geneem, hoofsaaklik vir drankverwante oortredings soos drink in die publiek en dronkbestuur.