Trekker ry oor werker

‘n Werker by ‘n vakansieoord by Hartbeespoort is Maandag ernstig beseer toe ‘n trekker oor hom gery het.

Volgens Leandre Spies van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die werker baie ernstige beserings opgedoen. “Hy is op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal in Brits vervoer. Weens sy ernstige beserings moes hy per noodhelikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg word vir gespesialiseerde behandeling.”