Dief wat uit dak klim gevang

‘n Dief wat na sy ‘inkopies’ Vrydag in die vroeĆ« oggendure doodluiters uit ‘n winkel se dak geklim het, is deur ‘n sekuriteitsmaatskappy opgemerk en gevang.

Protego Sekuriteit was besig met patrollie in die Brits besigheidsgebied toe oplettende sekuriteitsbeamptes die man uit die dak van die winkel sien klim. Die dief het weggehardloop toe hy die sekuriteitsvoertuig sien. MonitorNet, sowel as PPS en die Afriforum Brits buurtwag het hulp verleen en die dief is kort daarna opgespoor. Hy is aan die Brits polisie oorhandig.