Christiaan laat die rekord spat

Christiaan van Eeden van die Harties Reflections Swemklub het drie nuwe Suid-Afrikaanse rekords laat spat tydens die onlangse DHL Afrika Lewensredding SA kampioenskappe.

Hy het die rekords gebreek in die onder 13 – 100 ‘Super Nipper Pool’, ‘Maniken with fins Nipper pool’, en ‘Rescue Medley Nipper Pool’ kategoriëe by die kampioenskappe.

Christiaan het ook Saterdag, 12 Februarie 2022 in Pretoria weer ‘n lewensreddingrekord verbeter.

Christiaan neem van 20 tot 24 Maart 2022 in Port Elizabeth aan die nasionale kompetisie vir lewensredding deel.
Hy sal ook van 5-11 April 2022 aan die SA Junior Nasionale kampioenskappe in Port Elizabeth deelneem.