Vrou ernstig na Saartjiesnek-ongeluk

‘n Vrou is ernstig beseer en per noodhelikopter na ‘n hoispitaal in Johannesburg gevlieg na haar kar na ‘n botsing gerol het.

Volgens ooggetuies op die toneel het die vrou met ‘n ander motor gebots wat besig was om in trurat te ry. “Die pasiënt is op die toneel deur gevorderde lewenondersteunende paramedici gestabiliseer voor sy na ‘n geskikte hospitaal gevlieg is,” het Leandre Spies van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) gesê.