Vier beseer in ongeluk

Vier mense is Saterdagaand beseer in ‘n ongeluk op die Letlhabilepad by Brits.

“Twee persone is ernstig beseer en twee het ligte beserings opgedoen toe ‘n bakkie en taxi gebots het. Almal is na ‘n hospitaal in Brits vervoer,” het Leandre Spies, woordvoerder vir Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) gesê.