Passiespele van 11 – 14 April

Die NG Kerk Hartbeespoort is na twee jaar van inperking, slaggereed om hul Passiespele aan te bied. Dit beeld die kruisdood en opstanding van Jesus Christus uit.

Gemeentelede neem deel aan die Passiespel

Die gemeentelede, oud en jonk, is die akteurs en koorlede. “Elkeen van hierdie tonneelspelers kom getuig van sy of haar dankbaarheid vir Jesus Christus, wat vir ons sonde gesterf het en Sy liefde wat elkeen van ons deur ‘n moeilike tydperk gedra het. Kom beleef die krag van Jesus se opstanding in jou lewe, saam met almal wat die pad as geloofsgemeenskap, stap,” sê die kerk.

Die Passiespele vind plaas vanaf Maandag 11 April tot Donderdag 14 April 2022 om 18:30 vir 18:45 by die kerk plaas. Bespreking van kaartjies kan tussen 09:00 en 12:00 weeksdae by 012 253 1991 en na-ure by 072 818 2774 gemaak word. Kaartjies kos R50.00 (agter), R70.00 (middel) en R80.00 (voor). Bring die familie, vriende en bure saam en beleef ‘n eerste in Hartbeespoort.