Sekuriteitsbeamptes vang verdagte na hy man probeer vermoor

‘n Verdagte is Sondagmiddag deur sekuriteitsbeamptes van Afrique du Sud K9 (ADS) in Kleinfontein by Brits vasgetrek na hy ‘n man herhaaldelik met ‘n skroewedraaier gesteek het.

Die skroewedraaier waarmee die man gesteek is.

Volgens Chris Degenaar van ADS K9 het die twee mans stry gekry oor geld en daggaverkope en die verdagte het ‘n skroewedraaier uitgepluk and die ander man angeval. “Die slagoffer is vyf keer gesteek, onder meer in die nek. Die verdagte het hom aanhou slaan en skop na hy geval het. Werkers op die plaas het ons gekontak en beamptes is na die toneel ontplooi. Die verdagte het weggehardloop, maar is deur beamptes ingehaal en gevang.”

Hy is aan die Brits polisie oorhandig en die beseerde man is na ‘n hospitaal in Brits vervoer.