Jong man van Brits vermis

Anthony Mouton (19)

‘n 19-jarige jong man van Brits het spoorloos verdwyn na hy op 26 Maart die laaste keer gesien is.


Anthony Mounton is laas by sy woonplek, die @4 Guesthouse naby Hoërskool Brits gesien. Anthony en sy hondjie het alleen in die gastehuis gewoon na sy ma ‘n maand tevore oorlede is.
Volgens ‘n familievriend, Barney Potgieter, het hy op 25 Maart met Anthony op sy selfoon gepraat. “Daarna was die foon af. Ek is ‘n paar dae later na die gastehuis om ondersoek in te stel. Ek het sy hondjie, wat erg honger en ontwater was, alleen by die huis aangetref. Dit is vreemd, hy sou nie die hondjie net daar gelos het as hy nie van plan was om terug te gaan nie.”
Volgens Potgieter kon hulle nog niemand opspoor wat Anthony weer gesien het nie. “Ons het sekuriteitsmaatskappye gevra om asseblief op die uitkyk vir Anthony te wees.”
Potgieter vra dat enigeen met inligting oor Anthony hom dringend kontak by 067 194 6501.