Geliefde Skeerpoort-dokter oorlede

Die bekende en geliefde Skeerpoort-dokter, dr Dirk Lourens is op 1 Mei in die ouderdom van 54 na ‘n lang stryd teen kanker oorlede.

Dr Dirk Lourens

Dirk het die afgelope 24 jaar die groter Skeerpoort- en Hekpoortgebied, sover as Maanhaarrand en Magaliesburg as dokter gedien. Hy was ‘n boorling van Hekpoort en die hoofseun van Laerskool Hekpoort in 1980 .

Hy het medies aan die Universiteit van Pretoria studeer en uiteindelik na sy tuisdorp teruggekeer om medies se praktiseer.

Dr Dirk het soos die ouw├¬reldse dokters gedien. Tuisbesoeke, ook laataande en snags aan pasi├źnte was nooit vir hom te veel moeite nie.

Hy is in 2016 met beenmurgkanker gediagnoseer en kon na n tyd nie met sy praktyk voortgaan nie en het sy vrou, Lunell, op die plaas met die Arabierperdboerdery en met die aanplant van pekanneute bygestaan.

Hy het Sondag die stryd teen kanker verloor.

‘n Gedenkdiens van dank vir die genade van sy lewe vind Saterdag 07 Mei 2022 om 11:00 by die NG Kerk Skeerpoort plaas. Vir navrae skakel 083 625 3054.