Ons Winkel trek nuwe baadjie aan

Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel in Hartbeespoort het ‘n nuwe baadjie aangetrek en nooi die gemeenskap uit om Vrydag, 6 Mei, te kom kuier en terselfdertyd deel te neem aan ‘n insamelingsveldtog om gemeenskapslede in nood by te staan.

Ons Winkel is steeds in De Handelspost Sentrum. Bring ‘n kombers en/of pakkies Cup-a-Soup saam om mense in nood te help.

“Ons is opgewonde om die opgeknapte binnekant vir die gemeenskap te wys. Ons doen die insameling in samewerking met ons Helpende Hand Harties Hande-tak en hulle sal al die bydraes versprei waar dit nodig is. Help ons asseblief om ’n verskil te maak,” sê Janet Papenfus.

Kontak gerus vir Janet by 061 945 1917 vir meer inligting of navrae.