Gholfdag vir Kuierkidz

Die sentrum vir breingestremde kinders in Harties, Kuierkidz, hou 24 Junie 2022 hulle groot fondsinsameling, ‘n gholfdag, by Magaliespark Gholfklub en is op soek na spelers en donasies.

Kuierkidz-leerders by ‘n vorige gholfdag.

René Coetzee, skoolhoof, sê sy is dankbaar vir al die hulp wat in die verlede uit die Hartbeespoort-gemeenskap gekom het. “Sonder die mense se oop hande sou die sentrum al lankal hul deure mos toemaak, aangesien dit ? privaatsentrum is wat deur ouers onderhou word. Vanjaar vra ons weer die gemeenskap se hulp met enigiets van pryse vir die gholfspelers tot donasies en drank vir die kruiwa wat opgeloot gaan word.”

Enigiets is welkom – selfs vakansies of groot pryse wat opgeveil kan word.

Die koste is R5 000 vir ? vierbal. All fondse wat ingesamel word, word gebruik om vir breingestremde kinders ? tuiste te gee. Bring asseblief jou vriende en kom geniet ? Vrydag van ontspanning en oefening. Kontak gerus vir Simoné Coetzee indien jy kan help by 072 369 1230 of e-posadres: kuierkidz101@gmail.com