Drie jong vroue verloor hul lewens in twee gru-ongelukke

Drie jong vroue het Dinsdagaand hul lewens verloor in twee gru-ongelukke in De Wildt en Brits.


‘n Jong ma is dood in ‘n botsing met ‘n ander motor op die R513 in De Wildt. Sy is op die toneel dood verklaar.
Nog vyf mense is in die ongeluk beseer en is deur Hartbeespoort Emergency Medical Serivce (HEMS) op die toneel behandel.
In nog ‘n voorval op die R511 net buite Brits is twee vriendinne dood toe een skynbaar beheer oor ‘n bakkie verloor en in ‘n boom vasgery het.
Een van die vroue is op die toneel dood verklaar en die ander het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk.
(Foto’s en inligting: HEMS)