Hartbeespoort se sports by die see

Ses van die skool se wintersportspanne, die o/16-rugby-, hokkie en netbalspanne, asook die eerste rugby-, hokkie- en netbalspanne het dit as deel van hul jaarlikse toer meegemaak. Na die openingseremonie Saterdagoggend het die onderskeie groepe dadelik met hul afrigting en wedstryde weggeval. Rugbywedstryde is by die Douglas Mitchell-sportgronde gespeel, met afrigting by ‘n nabygeleë skool. Die netbalafrigting en –wedstryde het by UGU Sport en Leisure Centre plaasgevind terwyl die hokkiespelers hul afrigting by die sportskool gekry en wedstryde by die UGU Sport en Leisure Centre gespeel het. Al was die afrigting en wedstryde die hoofdoel, het die leerlinge darem Sondag die geleentheid gekry om by die see te gaan ontspan (vir baie was dit ook ‘n eerste swem in die see).

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Fietsryers skop stof in oë