Jong ontwerpers skitter

Modelle het hulle beste voetjie voorgesit om die kreatiewe  ontwerperskeppings die beste te laat vertoon en te oordeel aan die waarderende gehoor se toejuiging, het almal hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Die wenner van die herwonnemateriaalkategorie,  Rochelle Barnardo wys haar skepping.

Die wenner van die herwonnemateriaalkategorie, Rochelle Barnardo wys haar skepping.

Bekende kunstenaar Elsabé Pienaar en ons eie Mej Aarde Carla Viktor was die beoordelaars.

Die ontwerperswenner was Rochelle Barnardo met Bianca Müller as naaswenner. Bianca was ook die beste model in die kategorie.

Minette van Vuuren se verbeeldingryke skepping het haar die wenner van die kreatiewe en funky-kategorie gemaak. Nerine Richter was die naaswenner en Tshiama die beste model. Naledi Malobane was die wenner in die afdeling vir bykomstighede.

Minette van Vuuren se kreatiewe en funky skepping was ‘n wenner.

Minette van Vuuren se kreatiewe en funky skepping was ‘n wenner.

Elsa Siebert het die formele afdeling gewen met Bianca Müller ‘n kortkop agter. Juliet was die beste model.

Elsa Siebert (wenner Formeel) en haar wenmodel, Juliet.

Elsa Siebert (wenner Formeel) en haar wenmodel, Juliet.

In die afdeling vir skeppings van herwonne materiaal was dit weer Rochelle Barnardo wat die kompetisie die loef afgesteek het, en Elsa Siebert was hier tweede. Lisa was die beste model.

Die organiseerders bedank al die borge sonder wie se hulp die kompetisie nie moontlik sou wees nie.

Elsa Siebert was naaswenner in die herwonne afdeling. Lisa was haar modelwenner.

Elsa Siebert was naaswenner in die herwonne afdeling. Lisa was haar modelwenner.

Naaswenner in die kreatiewe kategorie, Nerine Richter.

Naaswenner in die kreatiewe kategorie, Nerine Richter.

Latest News

COMMENTS

Top