Kriminele klagtes teen minister, administrateur oor riool

Raadslid Eddie Barlow en kandidaat-raadslid Jan van Rhyn kla die minister van water en sanitasie asook die administrateur, wat deur haar aangestel is om water en sanitasie in Madibeng te beheer, vir die oortreding van Artikel 151 (1) van die Nasionale Waterwet aan.

Dit volg na aanleiding van riool- en waterprobleme wat die afgelope tyd en ook die afgelope aantal jare in die Madibeng omgewing ondervind word.

Die Madibeng munisipaliteit is op 23 Maart 2015 onder administrasie geplaas in terme van Artikel 139 van die Grondwet.

In terme van die wet, is die minister en administrateur verantwoordelik om toe te sien dat die munisipaliteit voldoende ondersteuning vanaf die regering ontvang om die munisipaliteit te laat funksioneer. Die ondersteuning behels finansiële ondersteuning en ambagslui om onderhoud en instandhoudingswerk te doen.

“Uit die water- en rioolprobleme wat ondervind word, is dit duidelik dat geen sodanige ondersteuning gebied word nie.

Die minister en administrateur het derhalwe hulle pligte versuim en is daarom aanspreeklik teenoor die publiek in Madibeng vir die probleme wat ondervind word.

“Ons sal seker maak dat hierdie aanklagte behoorlik ondersoek word en na voltooiing van die ondersoek daarop aandring dat die Direkteur van Openbare Vervolgings vervolging instel,” het raadslid Barlow gesê.

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Kom kyk die Clivia-prag