Motoris dood in trokbotsing

‘ Die bestuurder van ‘n voertuig is Maandag ongeveer 12:00 dood in ‘n botsing met ‘n trok  op die Rosslynpad in De Wildt.  Die vragmotorbestuurder het vervoer na die hospitaal van die hand gewys.
• ‘n Tienerseun is Vrydagaand beseer toe ‘n bakkie en ‘n voertuig op die graansilopad net buite Brits in ‘n ongeluk betrokke was. Die seun het glo agter op die bakkie gesit en afgeval. Hy is vir skraapwonde behandel en is na die Brits Distrikshospitaal geneem.
• Twee mense was gelukkig om net ligte beserings op te gedoen het na twee voertuie laat Vrydagnag in Mothlutlung gebots het. Beide beseerdes was insittendes van een van die voertuie en is na die Brits Distrikshospitaal geneem vir behandeling.
• ‘n Bakkie wat Sondagaand verskeie kere op ‘n grondpad by Assen gerol het, het vyf mense met beserings gelaat waarvan twee ernstige beserings opgedoen het. Die ernstig beseerdes het ondermeer veelvuldige frakture en ernstige wonde opgedoen. HBP Noodredding het vier van die beseerdes na die Brits Distrikshospitaal geneem. Die vyfde beseerde is deur ‘n ander diens behandel en vervoer.
• Laat Sondagnag is 11 mense beseer toe ‘n taxi en ‘n voertuig op die Ou Rustenburgpad in Zandfontein gebots het. Een van die beseerdes was ‘n insittende van die voertuig die ander was almal insittendes van die taxi. HBP Noodredding het sewe van die beseerdes na die Brits Distrikshospitaal geneem.
(Inligting en foto: Hartbeespoort Noodredding)

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man dies in truck collision