Hartbeespoort beste betalers

Die Madibeng-munisipaliteit moes verlede week R90 569 882.94 opdok na Eskom aangekondig het hulle gaan die kragtoevoer na die gebied in Januarie sny. Die geld is betaal uit die onvoorwaardelike toelaag (equitable share) wat Madibeng jaarliks van die staat ontvang.

Die munisipaliteit sukkel tans om hulle kragrekeninge te betaal, en die redes wat hulle aangee, is, onwettige kragkoppelings, geen toegang tot sommige huishoudings om krag te lees, onwettige verstellings aan voorafbetaalde kragmeters en foutiewe meters wat nie vervang of herstel word nie.

So betaal die verskillende gebiede in Madibeng:
Hartbeespoort 93,43%
Brits-dorp 83,90%
Elandsrand 68,25%
Primindia 18.23%
Damonsville 7,08%
Oukasie 2,73%
Lethabong 0,22%
Mothlothlung 7,62%
Letlhabile 12,09%
Mooinooi 37, 42%
Plase 51,50%
Bapong 0,29%

Volgens Madibeng is die betalingpersentasie in die landelike gebiede laag omdat:
– Meterlesers toegang tot meters geweier word
– Die nedersettings is nie toeganklik om kredietbeheer toe te pas nie.
– Geen beheer oor onwettige verstellings aan voorafbetaalde kragmeters.Madibeng het ‘n totaal van 87 847 konvensionele elektrisiteitsmeters.

Geen landelike meters word gelees nie.

Van die 24 926 voorafbetaalde kragmeters, koop 11 873 glad nie krag nie en 938 se verbruik is onder R50 per maand. Dit dui op diefstal van elektrisiteit.

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
‘It’s hard but strangely addictive’