Fotokompetisie op dreef

Ons is op die uitkyk vir artistieke foto’s van deure in en om Hartbeespoort. Dink aan tekstuur, dink aan kleur, dink aan geskiedenis en dink aan detail.

Ons beoog om aan die einde van die kompetisie ‘n plakkaat saam te stel waarop al die mooiste deure sal pryk en wat gebruik sal word om Hartbeespoort en die omgewing mee te bemark.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Maart 2017. Wenners sal in ons uitgawe van 16 Maart aangekondig word. Ons onderhandel tans oor pryse vir die eerste drie plekke, maar wees verseker, dit gaan beslis die moeite werd wees.

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Boer baklei vir sy lewe na hy vyf keer geskiet is