Nuwe Wagpos-VLR

Dié raad bestaan uit ‘n seun en dogter vir elke klasgroep in elke graad. Na die voorlees van die erekode het die span hul leerlingraadbalkies ontvang, wat later deur hul ouers/voogde vir hulle aangesteek is. Christo van Niekerk en Ané de Beer is onderskeidelik die voorsitters van die VLR vir 2017 en Johan Brown en Maryke Nefdt dien as die onderwyservoogde. Die gasspreker by die geleentheid was Dirk Venter, die besturende direkteur van DEAF Friendly. Sy bemoedigende boodskap aan die leerlinge was om positief te bly en `n verskil te maak, al is dit ook hoe gering.

Latest News

COMMENTS

Top