GHS is tops

André Olivier, een van GHS se uitblinkers by die Top 4 atletiekbyeenkoms, op volle vaart.

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman se atlete het verlede week aan die Top 4 atletiekbyeenkoms by Laerskool David Brink in Rustenburg deelgeneem. Die ander twee skole in die top 4 is Laerskool Brits en Laerskool Protea Park. Met 565 punte op die telbord het Schoemies hulle titel suksesvol verdedig, en 38 eerste plekke, 33 tweede plekke, 23 derde plekke en 26 vierde plekke behaal. Die skool is baie trots op hierdie besondere prestasies van sy atlete.

Latest News

COMMENTS

Top