Kammies kry leiersopleiding

Laerskool Kameeldrift se leierspan van 2017, onder voogskap van mnr Willie en juf Amelia, het ‘n propvol opleidingsdag gehad waartydens die leiers van al hul eienskappe en pligte voorsien is vir die jaar wat voorlê. Inligting is gedeel en idees uitgeruil waarna aan worsbroodjies weggelê is na al die breinkrag wat verbruik is. Die dag is afgesluit met pret en plesier in die swembad. Dankie aan Rochelle van Rooyen wat haar huis vir die opleiding beskikbaar gestel het.

Latest News

COMMENTS

Top