Peanut is weer voëlvry by die huis

Marita Bekker en haar African Grey papegaai, Peanut.

Peanut het verlede week op die vlug gegaan vanaf sy woonplek op die Rietfontein plotte en is naderhand as vermis op sosiale media verklaar.

“My kleindogter se kêrel het dit op Facebook gesit,” vertel Marita. ‘n Dag nadat dit op dié sosiale blad gesit is, het ‘n man wat net bekend staan as Clive, die familie gekontak en gesê dat hy weet waar Peanut is en hy hulle na hom toe sal neem.

Marita en haar kleindogter, Belinda van der Merwe, het Clive naby ‘n klein winkel in die Sunway woongebied ontmoet, en hom gevolg na waar hy beweer het Peanut aangehou is. “Die inwoner of eienaar van die huis en Clive het onmiddelik met mekaar begin baklei en selfs handgemeen geraak toe Clive instap,” vertel Marita. “Sover ons kon verstaan, het dié man by Clive drank gekoop en hom geld geskuld. Hy was natuurlik ook kwaad oor die feit dat Clive ons gewys het waar Peanut is.”

Toe Marita vir Peanut sien het sy onmiddelik geweet dat die papegaai wat nou in ‘n wasgoed mandjie op ‘n besemstok gesit het, haar voël was en wou sy hom vat. “Die man het onmiddelik op ons begin skree en vloek, en gesê ons moet uit sy huis uit.” Marita sê dat hulle mooi verduidelik het dat hulle nie wou baklei nie, en selfs vir hom ‘n belonging aangebied het vir die papegaai, maar hy het die aanbod weggewys. “I don’t want a reward. I caught the bird and it is mine now,” het die man gesê.

Marita het vir hom ‘n foto gewys van haar en Peanut, maar hy wou niks weet nie en het net volhou dat dit nou sy voël was. “Hy het gesê dat ek enige voël op my skouer kon sit, ‘n foto geneem het en dan beweer het dat dit my voël is,” vertel sy. “Ons het besef ons gaan die geveg nie wen nie en is hartseer terug huis toe.”

Naderhand het Belinda iemand gekontak by die polisie wat sy ken, en moes die polisie vir Peanut uit die man se huis verwyder en aan sy eienaar terug besorg. “Hy was baie honger toe ek hom terugkry,” vertel sy, “Ek is nie seker of hy enigsins gevoer is in die dae wat hy weg was nie.”

“Dit is net ‘n voël,” vertel sy, “maar mens word so lief vir hulle.” Sy vertel dat haar dogter, Christolé Venter, Peanut vir haar as vertrosings-geskenk gegee het met die afsterwe van haar ander dogter sewe jaar gelede. “Natuurlik sal ‘n voël nooit die plek van mens se kind kan inneem nie, maar hy was nog so klein en ek moes hom voer en na hom omsien, wat my baie gehelp het op daardie stadium.”

Peanut is nog bietjie verwilderd, maar Marita sê hy sal weer regkom. “Nou kan hy weer voëlvry rondloop in die huis saam die honde en buite op Jacob die tuinjong se skouer.” Sy vlerke is deur die man wat hom aangehou het geknip so hy sal nie weer kan weg vlieg nie.

  AUTHOR
Cerise Mtshatsheni

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Paraglider falls to death

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other