Van klein-dogtertjie drome tot Mev Afrika Glamour.

Sy het daarvan gedroom om die wêreld rond te reis en stukkie vir stukkie te verbeter. Alaine Strydom het egter in die klein dorpie van Orkney groot geword en nooit regtig verwag dat haar droom waar sal word nie. “Ek het my geboorteplek van 27 jaar opgegee en verhuis na Hartbeespoortdam, waar ek vandag die bestuurder van Placecol is en ook om my droom te jaag,” vertel sy. Dit is juis hier, in Hartbeespoort, wat haar droom ‘n realiteit geword het toe Alaine aan een van die grootste skoonheidskompetisies deelgeneem het, en in Desember verlede jaar, is die kroon op haar kop gesit toe sy aangekondig is as Mev Afrika Glamour. “Ek het nooit gedink dat ek een van daardie pragtige krone op my kop sou hê nie,” vertel sy. Alaine sê dat sy nooit besef het wat in hierdie gemeenskap gebeur totdat sy gemeenskaplike werk begin doen het nie. “Die behoefte wat ek gesien het was groot, asook die liefde wat gekort het aan die mense om my.”Alaine het reeds toe sy as finalis vir Mev Afrika gekies is, die geleentheid gebruik om in die gemeenskap te begin werk en mense het begin opkyk na haar as persoon. Sy het aan mense die heel beste gesekenk uitgedeel wat sy kon end it was liefde en aandag. In ses maande kon Alaine net ‘n paar mense se lewens help verbeter, maar sê dat sy in die proses ‘n hele ander uitkyk op die lewe ontwikkel het en aan haarself verbeter om in die toekoms nog meer vir minderbevoorregte mense in die gemeenskap te doen. “Om te weet dat jy kinders se skoolloopbane, byvoorbeeld, makliker kon maak en so ook hulle in skole kon hou deur “foundations,” ‘n fonds wat deur Mev Afrika gestig is en baie na aan my hart lê, is net wonderlik,” vertel Alaine. Die Dignity Dreams en DeskBags.Alaine vertel dat haar kop getol het met al die moontlikhede wat die Mev Afrika platform vrouens bied. Sy het haar geleenteid as die huidige Mev Afrika Glamour gebruik om in die plaslike gemeendskap in te gryp en is die huidige bemarker en ambassadeur van Lesedi huis in Hartbeespoortdam.Buiten al die verrykende aktiwiteite, het die Mev Afrika titel vir Alaine ook die geleentheid gegee om oorsee te kon gaan om diè title te gaan verteenwoordig in België. “En so word ‘n droom internasionaal,”vertel sy met opgewondenheid. “Ek sal my reis van 6maande as finalis nooit vergeet nie en die padjie wat ek nou stap sal ek met eer en respek voorentoe dra. ”

  AUTHOR
Cerise Mtshatsheni

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Luné en Maestro is drie keer eerste