Diewe teiken motors by skole

Sowat ses sake van diefstal uit voertuie is die afgelope twee weke by die Hartbeespoort polisie aangemeld.

“Dit wil voorkom asof die diewe wag dat die ma’s die kleingoed in die skoolperseel afsien en dan slaan hulle op die voertuig toe,” sê Romano van der Spuy, woordvoerder vir die Hartbeespoort gemeenskapspolisiëringsforum.

“‘n Deurbraak is egter gemaak toe ‘n voertuig op twee kleuterskole se sekuriteitskameras vasgevang is ten tye van die diefstalle. Daar word vermoed dat die ouers na die kleuterskole gevolg word,” het hy gesê.

Die afgelope week het diewe op motors by die Pllasvoetjies- en Smarties kleuterskole, sowel as Pecanwood College, toegeslaan.

“Ongelukkig is dit ook so dat baie van die ma’s hul motors nie sluit as hulle die kinders aflaai nie en boonop waardevolle items in die motor los.”

‘n Versoek word aan motoriste gerig om hul voertuie ten alle tye te sluit en nie waardevolle items in geparkeerde motors te laat nie.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Be safe this holiday