Riool borrel uit wasbakke

“Ek het nog nooit so iets gesien nie. By ‘n kleuterskool het die riool buite in die dreine en in die wasbakke uitgeborrel. ‘n Inwoner van Meerhof het my gekontak na die riool in sy stort opgestoot het,” het Madibeng raadslid, Erna Rossouw dié week gesê.
“Dit beteken dat die riool nie die Rietfontein rioolwerke bereik het nie en by mangate, en waar dit kon, uitgestroom het. Boonop is daar nie water by die Rietfontein rioolwerke nie omdat die boorgat buite werking is.”
By die Birdwood pompstasie het riool direk in ‘n spruit na die Hartbeespoortdam gestroom. Madibeng het teen Dinsdagaand daarin geslaag om die pompstasies weer in werking te stel.
Boonop het kragprobleme terselfdertyd kop uitgesteek en dele van Meerhof en Ifafi was twee dae sonder elektrisieteit.
Inwoners het aan Kormorant gesê dat hulle deur personeel van Madibeng meegedeel is dat daar nie kabel in voorraad is om onmiddellike herstelwerk te doen nie.
Woensdag was groot dele in die Xanadu omgewing sonder telkomlyne na Madibeng werkers glo telkomkabels beskadig het terwyl herstelwerk aan die elektrisiteitskabels gedoen is.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Gooi Mielies dié naweek