Boer baklei vir sy lewe na hy vyf keer geskiet is

Dries Botha (57) is in die bors, maag, skouer en arm geskiet toe ses gewapende rowers hom ongeveer 20:00 op sy plaas by Klipkop oorval het. Hy het hom teen die booswigte verdedig tot hulle later op vlug geslaan het. Hy is tans in die intensiewesorgeenheid in die Brits Mediclinic.

Volgens sy seun, Dries Jr (23) is sy pa Dinsdagaand na buite toe die stoor se alarm ongeveer 20:00 afgegaan het. “Hy gaan sit gewoonlik dié tyd ook die pomp af. Die ses mans het hom by die stoor ingewag en oorrompel en die stoor se sleutels gevra. Hulle het die sleutels by hom probeer vat en ‘n worsteling het ontstaan. Een van die mans het vyf skote geskiet, waarvan vier my pa getref het,” het hy aan Kormorant vertel. “Die aanvallers het hom ook met ‘n pyp geslaan.”

Dries se vrou, Drieka (53) het die skote gehoor en hoe Dries uitroep en het haarself in ‘n donker badkamer toegemaak en bure vir hulp gebel.

“Ten spyte daarvan dat hy geskiet is, het my pa aanhou terugbaklei tot die rowers later op vlug geslaan het. Hy het dit selfs reggegkry om die sleutels weer by hulle af te vat en terug te stap huis toe.”

Bure en lede van die Krokodil landelike beveiligingsgroep was blitsvinnig op die toneel. Dries is na die hospitaal vervoer. Hy het Dinsdagaand ‘n noodoperasie ondergaan om die skade aan sy pankreas te probeer herstel. “Ons vermoed nog operasies sal volg,” het Dries Jr gesê.

Kormorant wag op kommentaar vanaf die Brits polisie.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Gesin baklei verbete teen aanvallers

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other