Gru-ongeluk – Veiligheidsgordel red inwoner

    Johan ‘Bundu’ van Deventer was in sy voertuig vasgevang na ‘n ernstige botsing op Saartjiesnek verlede week.

    Dit kan jou lewe red.

    Johan ‘Bundu’ van Deventer (51) was in sy Ford Ranger bakkie vasgekeer en moes met die lewenskake uitgesny word, maar het net ligte beserings opgedoen en hy skryf die ontkloming toe aan die feit dat hy ‘n veiligheidsgordel gedra het.
    Hy is per noodhelikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg omdat paramedici inwendige bloeding vermoed het, maar is Sondag ontslaan met bloot ‘n paar skrape.
    “Ek was oppad na Pretoria toe ‘n trok van voor skielik geswenk en my getref het. Die trok se band het vermoedelik gebars. Die impak het my motor omgeswaai in die teenoorgestelde rigting,” het Johan aan Kormorant vertel.

    Johan ‘Bundu’ van Deventer was in sy voertuig vasgevang na ‘n ernstige botsing op Saartjiesnek verlede week.

    “Ek hou nie daarvan om ‘n veiligheidsgordel te dra nie, maar dit het my gered.”
    Johan was in sy bakkie vasgevang en Necsa Brandweer het hom met die lewenskake bevry.
    “Was dit nie vir my veiligheidsgordel nie, was ek weg. Ek wil net almal bedank wat ons op die toneel gehelp en bygestaan het. Spesiale dank aan die nooddienste en Necsa en die inwoners wat ons op die toneel bygestaan het. En vir die motoriste, dra julle veiligheidsgordels. Dit kan jou lewe red.”

      AUTHOR
    Daleen van Manen
    Journalist

    Latest News

    COMMENTS

    Top
    Recommended Story x
    Paraglider falls to death