Donkies help om luukse motors te steel

Diewe span ‘n paar donkies voor die motors in wat dit dan deur die droë rivierbedding trek,

Dinsdag is ‘n Mercedes Benz C220 onderskep voordat dit in Zimbabwe verdwyn het.

“Die polisie was net betyds om die voertuig te herwin toe die donkies die motor nie verder in die sand kon trek nie,” het Brigadier Motlafela Mojapelo ges.

Die verdagtes het oor die grens na Zimbabwe gevlug.

Meeste van die motors word suid van Beitbrug deur die rivier oor die grens tussen Suid Afrika en Zimbabwe gesmokkel. Die polisie het onlangs ‘n Hilux bakkie, wat in Durban gesteel was, herwin. Dit was half onder die water toe die Limpopo polisie kommissaris Luitenant Generaal Nneke Ledwaba die bakkie uit ‘n helikopter raak gesien het tydens ‘n grootskaalse operasie tussen Musina en Beitbrug.  Mojapelo het gese 13 voertuie is reeds herwin sedert die begin van die jaar. Luukse bakkies, veral Toyota’s en Isuzu’s is baie gewild onder die diewe.

  AUTHOR
Deon van Huizen
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Diewe teiken motors by skole