Voetganger dood, skoolleerling kritiek na gru-ongeluk by Hartbeespoort

Nog ‘n passasier, ‘n jong man is ernstig beseer, en die bestuurder van die voertuig, ook ‘n jong man, het minder ernstige beserings opgedoen.
Volgens ooggetuies blyk dit asof die bestuurder van die motor beheer oor die voertuig verloor het en die voertuig het by die Bonanza-oord van die pad af geswenk en ‘n vroue-voetganger getref.
Die vrou is vermoedelik op slag dood. Die 15-jarige meisie, ‘n leerling van Hoërskool Brits, is kritiek beseer. Sy het in die voorste pasasiersitplek gesit. “Sy het vermoedelik kritieke hoofbeserings opgedoen en is deur die ER24 noodhelikopter na die Linmed-hospitaal in Johannesburg gevlieg,” het Loanne Louw, woordvoerder vir Hartbeespoort Noodredding, gesê.
Die bestuurder van die voertuig, ‘n jong man, is deur Hartbeespoort Noodredding na ‘n hospitaal in Brits vervoer en die ernstig-beseerde passasier is deur ER24 na die Montana-hospitaal in Pretoria geneem.
Dit is nie in hierdie stadium bekend wat die 15-jarige meisie se toestand is nie.

Sien ook:

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hoërskool Brits meisie kritiek na gru-ongeluk by Hartbeespoort