Gooi Mielies dié naweek

Hierdie jaarlikse instelling lok 4×4 liefhebbers van oral en die gemeenskap word hartlik uitgenooi om die pretdag by te woon.
Die opbrengste van die Gooi Mielies Pretvastrap word aan plaaslike organisasies, wat minderbevooregte gesinne bystaan, geskenk.
Die Gooi Mielies-roete bestaan uit 15 hindernisse, wat deur plaaslike besighede geborg en beman word vir die dag. Die inskrywings open 07:00 en kos R 350 per 4×4 voertuig. Verlede jaar het meer as 100 voertuie deelgeneem.
Hoërskool Brits se graad 11-leerlinge is verantwoordelik vir die kos- en drankverkope vir die dag, as ‘n fondsinsameling vir skool.
Die uitstal- en verkooparea en parkeringsarea is vanjaar groter om dit vir ondersteuners te vergemaklik.
Kom geniet hierdie 4×4 aksiebelaaide dag saam vriende en familie.
Vir meer inligting, kontak vir Elmien Ras by 082 499 5971.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Watch: Video of Majakaneng protest on N4 between Brits and Rustenburg