Dankie vir dié wat omgee…

Casper Kruger met die eend en die pyl wat hy uit die kop verwyder het.

Die afgelope twee weke het die Kormorant drie keer berig oor eende wat in plastiekringe vasgevang is, en een wat selfs met ‘n pyl geskiet is!
Gelukkig is daar inwoners in die omgewing wat ernstig oor die natuurlewe voel en op hul eie, hul bes probeer om te bewaar wat nog te beware is.
‘n Pecanwood-inwoner, Glenda McGuire, het twee weke gespook om ‘n eend, met ‘n plastiekring om sy kop en deur sy bek, te vang en te red van ‘n wrede dood.
Die afgelope week is ‘n eend by Eagles Landing deur ‘n inwoner opgemerk met ‘n pyl deur die kop. Casper Kruger, wat ook ‘n groot rol speel in die verwydering van die hiasinte op die dam, het dié week daarin geslaag om ook dié eend te vang en die pyl te verwyder.
Daar word ‘n versoek aan inwoners gedoen om twee keer te dink oor waar hulle rommel beland. ‘n Enkele plastiekring van ‘n koeldrankbottel kan ‘n lewe kos. Help ons om ons mooi omgewing te bewaar en wees bewus van jou aksies.  Dankie aan dié inwoners wat omgee en iets daadwerkliks doen! En sies vir dié wat vir die diere se lyding verantwoordelik is!

Die eend vroeër myt die pyl deur sy nek.

Die gelukkige eend word vrygelaat nadat Casper die pyl uit sy nek verwyder het.

Sien ook:

WATCH: Duck trapped in plastic ring freed

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
En die pype bars voort…