Aarbeifees die naweek

Dié gewilde fees skop Vrydag 1 September om 13:00 af en sorg vir allerlei vermaak tot Saterdag laataand.
Hoewel duisende besoekers jaarliks honderde kilometers ver ry net om aarbeie te koop, is dit vir plaaslike inwoners die afskop van lente en ‘n heerlike saamkuiergeleentheid.
Die fees bied nie net aarbeie in oorvloed aan nie, ‘n groot aantal kos- en ander snuisterystalletjies is jaarliks net so gewild. Kom eet en kuier saam terwyl jy na heerlike musiek van Suid-Afrikaanse se gewildste kunstenaars luister.
Vrydag tree onder andere Lianie May, Jay en Lollos op.
Saterdag sorg kunstenaars soos DJ ossewa, Gert Koevert, Jay en Lianie, Blackbyrd en andere vir lewendige musiek deur die dag.
Saterdagoggend skop ook af met ‘n pretloop (kontak Vleis by 082 854 6121), en moet beslis nie die Mnr en Mej Arbeifees-kompetisie mis nie!
Vir kinders is daar ook hope pret en die gewilde Merry-go-round sal hulle ure lank besig hou.
Die fees eindig Sondagoggend met ‘n erediens.
Geen aarbeie sal Sondag verkoop word nie.
Toegang is R30 per persoon.
Vir meer inligting, kontak Tinus van Aardt by 082 920 7501.

WHAT TO DO IN HARTBEESPOORT

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Missing 14-year-old