Rustenburg mynwerker doodgeskiet

Photo: EWN

‘Die mynwerker, ‘n AMCU (Association of Mineworkers and Construction Union) tesourier, is “koelbloedig dood geskiet” toe hy die myn verlaat het om kos te gaan koop, volgens ‘n verklaring van die unie.

Implats het die voorval bevestig maar het geen verdere inligting verskaf nie. Die polisie het nog nie ‘n verklaring oor die voorval uitgereik nie. Kormorant sal meer inligting verskaf sodra ‘n verklaring deur die polisie uitgereik is.

Sedert AMCU van die eens sterk NUM (National Union of Mineworkers) vyf jaar terug weggebreek het was daar gereelde gevalle van arbeids-onluste in die Rustenburg omgewing.

  AUTHOR
Deon van Huizen
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Jessy, die wonderwerk-kind