Burgermeester se mense rol in oortydgeld

Madibeng mayor Jostina Mothibe

Volgens die onlangse raadsvergadering agenda was daar sowat R100 000 in die eerste drie maande van 2017 aan die drie personeellede betaal.

In Januarie het die personeellede elk 232 ure oortyd geëis. Dit werk uit teen R38 000 elk. (Dus het elkeen meer as 11 uur per dag – in ‘n 5 dag week – oortyd gewerk.)

In Februarie eis dieselfde werkers 169 uur oortyd en ek verdien R27 000 ekstra. In Maart verdien elkeen meer as R30 000 aan oortyd van 187 ure elk.

Dit is onbekend watse werk die drie personeellede doen.

Madibeng het in Januarie R4 092 781 aan oortyd bestee, R1 668 173 in Februarie en R3 915 503 in Maart 2017.

Reistoelae beloop R1 856 005 in Januarie, R1 722 000 in Februarie en R1 817 191 in Maart 2017

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Vermiste onderwyser in kanaal gevind