Brits man vir drie ure wreed gemartel in huisroof

Bernie Wood en ‘n vriendin is ongeveer 21:00 deur drie gewapende mans by sy huis in Drakensbergweg oorval toe hulle vanaf sy besigheid in Brits tuisgekom het. Hulle is vasgebind, hul monde met kleefplastiek toegebind en toe vir meer as drie ure gemartel voor die rowers met kontant en besittings gevlug het.
Volgens Divan Wolmarans, ‘n buurman wat hulle na die aanval gehelp het, het hy omstreeks 00:30 ‘n geskree vanaf die Wood-woning gehoor. Ek het oor die heining gepring en Bernie buite gekry. Hy was sonder ‘n hemp en so styf met draad vasgebind dat sy arms gebloei het. Sy oog was oopgeslaan en die velle het van sy rug af gehang soos hy met kookwater gebrand is” het Divan aan Kormorant gesê
Wood en sy vriendin het tuisgekom en was by die voordeur toe hulle oorval is. Hy het pas die alarm afgeskakel toe ‘n vuurwapen teen sy kop gedruk word. Drie gewapende mans, wat vlot Engels praat, het hulle na binne gedwing en albei vasgemaak en kleefplastiek oor hul monde gebind. “Hulle het gesê hulle soek geld en aangedring hy moet die kluis oopmaak. Bernie is herhaaldelik aangerand en met kookwater gebrand in ‘n drie-uur-lange martelsessie. Sy vriendin is ook in ‘n stadium met kookwater gegooi. Hulle het ook gedreig dat hulle Dinsdagaand sou terugkom en dat hy moet sorg dat daar nog geld is.”
Die mans is uiteindelik net na middernag deur ‘n voertuig opgelaai en het gevlug met ‘n groot bedrag geld, al die motor- en huissleutels, die alarm se afstandbeheer, televisiestel, selfone en ander besittings.
“Die polisie en ambulans was vinnig op die toneel en Bernie is na die Brits Mediclinic geneem waar hy tans behandel word. Hy het ernstige brandwonde opgedoen.

Sien ook:

 

Bejaarde veg met gewapende rowers om familie te beskerm

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man vir drie ure gemartel in huisroof