Blydeville onluste – vragmotor aan die brand gesteek

Die brandende vragmotor en buitebande in Blydeville naby Lichtenburg. Foto verskaf deur die Suid Afrikaanse Polisie Dienste.

Polisiewoordvoerder, Bri9gadier Sabata Mokgwabone, het gesê die vragmotor is in die vroeë oggendure op die Coligny/Lichtenburg pad aan die brand gesteek. “Die pad is ook geblokkeer met brandende buitebande en ander voorwerpe. Die voorval het die verkeer op die pad ontwrig. Motoriste van Ventersdorp is versoek om die N14 in Coligny te gebruik,” het Mokgwabone versoek.

Die rede vir die protesaksie kon nog nie bepaal word nie.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Brits-inwoners stik in die stank