Pos gou jou pakkie sodat dit betyds is

Die waarskuwing geld veral vir pakkies wat per see of land gestuur word.
Die volgende datums word deur die Suid-Afrikaanse poskantoor voorgestel as finale posdatums vir oorsese pos en pakkies:
* Lugvervoer – voor 8 Desember.
* Pad- en seevervoer: Tristan da Cunha, Assension en St Helena – voor 24 November.
Nieu Zeeland, Oos Afrika en Wes Afrika, Madagaskar, Angola, Malawi en Zambië – voor 1 Desember.
Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië en Zimbabwe – 8 Desember.
Volgens die Suid-Afrikaanse Poskantoor kan items slegs verseker word vir indien aflewering nie plaasvind nie. Pakkies kan egter nie vir breekskade verseker word nie aangesien die poskantoor geen beheer oor die verpakkingsmateriaal en die inhoud van pakkies het nie.
Wenke wanneer jy jou pakkie verpak:
* Pakkies moet stewig verpak word, aangesien dit in groot hoeveelhede vervoer word.
* As die inhoud van ‘n pakkie nie die pakkie volmaak nie, moet die pakkie met geskikte pakmateriaal gevul word.
* Moenie onwettige items soos dwelms pos nie, of items soos vloeistowwe, wat kan lek, items wat aan die brand kan slaan of ontplof (spuitkannetjies en vlambare vloeistowwe).
* Maak seker dat die items wat jy stuur wettig in die bestemmingsland is. In die meeste lande kan plant- en dieremateriaal nie ingevoer word nie.
Vir meer inligting gaan na die Suid-Afrikaanse posdiens se webwerf www.postoffice.co.za of kontak 086 011 1502.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Vrou glo mishandel in ouetehuis