KYK: Bedreigde aasvoëls vlieg vry

Vir baie van die aasvoëls, waaronder krans-, witrug- en swartaasvoëls, was dit die eerste keer wat hulle hul vlerke in vryheid kon strek.
Die aasvoëls is vrygelaat in die omgewing van die bestaande Nooitgedacht-aasvoëlkolonie met die hoop dat hulle by die kolonie sal aansluit.
“Dit is ‘n eerste vir Suid-Afrika en die spesie. Daar was nog nooit voorheen ‘n vrylating soos dié nie. Ek voel waarlik geëerd om hulle hul vryheid te gee,” het Kerri Wolter, stigter en uitvoerende hoof van VulPro gesê.

Sien ook:  Honours for VulPro’s Kerri

VulPro het vroeër vanjaar die vrylatingshokke by die Nooitgedacht terrein, langs die bestaande kolonie opgerig vir die voëls wat vir vrylating bestem was. Die hoop was dat die voëls aan die omgewing en die bestaande kolonie sou gewoond raak.
“Die probleem by ons ander perseel was dat aasvoëls telkens na die perseel en die area teruggekeer het. Ons hoop is dat dié projek suksesvol sal wees en dat die vrygelate voëls by die Nooitgedacht-kolonie sal inskakel.”
“Waar daar geloof en passie is, is daar hoop,” sê Kerri.
Nog tien aasvoëls behoort binne die volgende jaar vrygelaat te word. Al die aasvoëls is met opsporingstoestelle toegerus. Sommige is in aanhouding gebore and ander is beseer en gerehabiliteer.
Aasvoëls speel ‘n belangrike rol in gesonde ekostelsels, waar hul grootste bydrae is om karkasse te vreet en die verspreiding van siektes voorkom. Die wilde Nooitgedacht-aasvoëlkolonie het ‘n paar jaar gelde byna uitgesterf, maar danksy grondeienaars wat die aasvoëls voer en organisasies soo VulPro, is daar reeds weer 150 broeipare in die kolonie. Aasvoëls is egter nie buite gevaar nie en daar is ‘n groot moontlikheid dat aasvoëls in ons leeftyd kan uitsterf.
Volgens Wolter is kragdrade, wat die voëls doodskok, tans aasvoëls se grootste bedreiging. Hulle werk nou saam met Eskom om die gebied vir die aasvoëls te beveilig. Indien jy ‘n beseerde aasvoël vind, kontak asseblief vir Kerri by 082 808 5113.

  AUTHOR
Martie van Bavel
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Please, help stop the desecration of our environment