Polisie en bosboudepartement slaan toe op onwettige houtkappers

Die polisie se berede eenheid en amptenare van die departement het op groot vragte hout by die verkoopspunte langs die R511 beslag gelê.
“Die onwettige houtkappers kry vroue en kinders om die hout te verkoop en ongelukkig is die skuldiges nêrens te sien nie, of vlug sodra hulle die polisie opmerk,” het Lufuno Newhufumba, ‘n bosbou-amptenaar gesê.
“Ons wil die gemeenskap se hulp vra om die departement en die polisie se oë en ore te wees om die onwettige houtkappers se depots en areas waar hulle werksaam is te rapporteer. Die departement werk saam met die polisie om dié mense te stop. Ons verwelkom ook voorstelle van die gemeenskap oor hoe om die aktiwiteite te bekamp.”
Verskeie vragmotors en bakkies is gebruik om die tonne hout langs die pad te verwyder.

Sien ook: Please, help stop the desecration of our environment

Lede van die publiek, wat die departement en die polisie kan help met inligting, word versoek om Lufuno by 082 907 6118 te kontak.
Die publiek en toeriste word weereens versoek om nie hout van verkopers langs die pad te koop nie. Indien jy doen, dra jy by tot die vernietiging van ‘n beskermde gebied.

 

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Police and Forestry clamped down on illegal wood choppers