Geliefde inwoner oorlede

Machteld (51) was oral in Hartbeespoort en omgewing bekend vir haar liefde en omgee vir mense. Sy was ‘n mens-mens wat alles in haar vermoë sou doen om iemand in nood te help. Van haar sterkste eienskappe was haar vermoë om positief te bly in die aangesig van teenslae, en om met humor na haarself te kyk. Machteld was ook bekend vir haar omvattende taalkennis en was ‘n gesogte kopieskrywer en redigeerder wat talle skrywers en akademici met publikasies bygestaan het. Sy het ‘n groot passie vir skryf gehad.
Sy het in 2017 die Kormorant verlaat om weer in die akademiesie veld as lektor in joernalistiek te werk. Haar pittige, en soms hartroerende, skrywes op Facebook, het gesorg vir honderde volgelinge.
“Ek gaan jou sinvolle inskrywings op facebook net soveel mis soos die mooie dierbare menswees van jou!” het een van haar vriende dit op Facebook opgesom.
In haar laaste inskrywing op Facebook, het Machteld die volgende geskryf: “Die lewe het my al geleer alles kan in ‘n oogwink verander. Maar ook dat daar altyd ‘n groter plan is, en ons tyd nie altyd die regte tyd is nie. All good things come to those who wait.”
Machteld word Donderdag, 11 Januarie om 10:00 vanuit die NG Kerk Hartbeespoort in Maraisstraat begrawe.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Slegte nuus oor eiers

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Your details:


Your friends: