Drie dood in gru-ongelukke

‘n BMW X5 en Toyota Tazz was in die ongeluk betrokke. Die pa en seun was in die Toyota Tazz. Twee ander mense wat in die ongeluk betrokke was het vervoer na ‘n hospitaal van die hand gewys.
• Een persoon is dood en een is ernstig beseer toe twee voertuie op Silkaatsnek gebots het en een as gevolg van die impak, aan die brand geslaan het. Die beseerde is na ‘n hospitaal in Rustenburg geneem vir behandeling.


• Twee ernstig beseerde mense is Donderdag 25 Januarie deur twee verskillende noodhelikopters na ‘n hospitaal in Rustenburg gevlieg, na ‘n ongeluk op die Thabazimbipad in Sanddrift. Die ongeluk het ongeveer 17:00 die middag gebeur.
• Die Hartbeespoort Noodreddingspan is Vrydagoggend ontbied na die R511 in De Kroon waar ‘n man kritiek beseer is toe hy met ‘n mes gesteek is. Die mes was steeds in die man se liggaam. Die man is op die toneel behandel vir die moontlikheid dat die mes in sy long was. Hy is na die Brits Distrikshospitaal geneem vir behandeling.
• Twee mense is Saterdag ernstig beseer, terwyl nog een minder ernstige beserings opgedoen het, in ‘n kop-aan-kop botsing op die Ou Rustenburgpad naby Buffelspoort. Een van die ernstig beseerde mense is na die Medicare Hospitaal in Rustenburg geneem. Die ander beseerdes is deur ander dienste behandel en vervoer.
• ‘n Lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is Maandagoggend met beserings op ‘n plot in Schietfontein gevind na hy vermoedelik gekaap is. Die polisieman het been- en kopbeserings opgedoen en is na Mediclinic Brits geneem vir behandeling.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man dood in trokongeluk

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Your details:


Your friends: