Mooinooi moordverdagte het glo meer as miljoen kontant op plaas gehou

Die vrou van die sogenaamde "meesterbrein" van die Mooinooi-moorde.

“Hy het vir my gesê Anisha wou die plaas verkoop en êrens anders ‘n nuwe lewe begin,” het die vrou Donderdag tydens haar borgaansoek getuig. Sy en die 52-jarige paneelklopper het ‘n driejarige dogtertjie en is sewe maande gelede getroud.  Sy het glo op Facebook gesien sy word deur die polisie gesoek.
Sy is eers vyf dae later saam ‘n prokureur na die polisie.
Sy het getuig dat sy en haar prokureur onder die indruk was dat sy vir dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem is en eers in die hof gehoor van die aanklagte van sameswering om moord te pleeg, ontvoering, verkragting, moord, roof met verswarende omstandighede, huisbraak en diefstal.
Sy is aanvanklik twee dae na Anisha en Joey van Niekerk se verdwyning saam met haar man, deur die polisie ondervra, maar weer vrygelaat. Die man is egter die volgende dag in hegtenis geneem. Ten spyte van die feit dat haar man voorheen getuig het dat die polisie slegs sy broer en seun toegelaat het om hom te besoek, het die vrou volstaan dat sy haar man twee keer  in die polisieselle besoek het. Staatsaanklaer, Christine Molautsi het aan haar gesê sy of haar man probeer die hof mislei.

Sien ook: “You are an uncontrollable child” – prosecutor tells 18 year old accused
Volgens dié beskuldigde het haar man en Anisha die Donderdag voor die vroue se verdwyning, saam plaas toe gery om die geld te gaan haal. Hulle sou glo die Maandag saam na ‘n prokureur gaan. Die staatsaanklaer het gevra of sy bewus was daarvan dat Joey besig was om haar pa se begrafnis te reël. Sy het geantwoord dat sy eers die Maandag iets daarvan gehoor het toe ‘n familielid van Joey die vroue op die plaas kom soek het.
Sy het getuig dat sy Anisha en Joey “nie fisies” geken het nie. “Ek het net hi en bye gesê as hulle by die shop gekom het. Ek het nooit ‘n gesprek met hulle gevoer nie.”
Op Molautsi se vraag op sy die plaas as haar man se eiendom beskou, het sy gesê “ja, hy het daarvoor betaal.” Sy het ook getuig dat Anisha glo ‘n dag of twee voor hulle verdwyning briewe aan huurders op die plaas uitgedeel het waarin sy hulle meegedeel het dat die paneelklopper die nuwe eienaar van die plaas.
Sy gaan onskuldig op al die aanklagte teen haar pleit.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: