Beslag op Madibeng voertuie gelê

Dit sluit watertrokke en vullistrokke in. Dit volg nadat die munisipaliteit nie hul skuld van meer as R3 miljoen aan ‘n diensverskaffer betaal het nie.

Dit volg nadat die munisipaliteit probleme gehad het om salarisse in Januarie te betaal en die bewering dat die burgermeester en munisipale bestuurder R1 miljoen eis vir ‘n oorsese reis. Die munisipaliteit skuld ook verskeie ander diensverskaffers, onder andere Eskom en Randwater, miljoene rande wat hulle nie kan betaal nie. Volgens lede van opposisiepartye is die munisipaliteit reeds vir verskeie jare tegnies bankrot.

Volgens ‘n woordvoerder van die munisipaliteit, Tumelo Tshabalala, prober die munisipaliteit onderhandel om die voertuie terug te kry. Hy kon nie bevestig hoeveel voertuie betrokke is nie. Tshabalala het ook ontken dat die burgermeester se reis R1 miljoen gaan kos. Hy kon egter nie bevestig hoeveel die reis gaan kos nie. Die probleme met salarisse in Januarie was volgens hom slegs ‘n tegniese probleem.

Kormorant het in November 2017 onthul dat die munisipaliteit vir die burgermeester ‘n motorvoertuig huur teen R1,2 miljoen per jaar. Die munisipaliteit is blykbaar nie kredietwaardig nie en kan nie finansiering kry om ‘n motor aan te koop nie.

Sien ook: Mayor rents R100 000 per month car while government threatens to cut water

  AUTHOR
Deon van Huizen
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Gewapende rowers slaan toe op Silkaatsnek vulstasie

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: