“Hulle sal mekaar doodmaak as hulle borg kry” – ondersoekbeampte in Mooinooi-moordsaak

Die sogenaamde ‘baasbrein’ in die Mooinooi-moordsaak

Kolonel Isaac Tlhape het getuig dat hy met elkeen van die agt beskuldigdes onderhoude gevoer het en dat hulle mekaar van die misdade beskuldig. “Ek het ook agtergekom dat hulle selfs by hul prokureurs bang is om iets voor die ander beskuldigdes te sê.”

Kol Tlhape het aan die hof gesê die twee slagoffers, Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk, is verkrag, doodgemaak en hul liggame verbrand. “Hulle is deur mense, wat hulle geken het, vermoor. Hulle is in ‘n strik gelok deur een van die beskuldigdes wat hulle die meeste vertrou het. Volgens ons getuies het die beskuldigdes die misdade gepleeg,” het kol Tlhape gesê.

Tydens sy getuienis het dit vorendag gekom dat die sogenaamde ‘baasbrein’, beskuldigde nommer twee, tydens sy borgaansoek vir die hof gejok het. Dié  52-jarige paneelklopper, het getuig dat hy slegs een vorige veroordeling, die verkoop van tweedehandse goedere sonder ‘n permit, het. Kol Tlhape het egter getuig dat die beskuldigde ook voorheen aan twee klagtes van huisbraak en twee klagtes van diefstal skuldig bevind en gevonnis is. Hy is in 1990 tot R8 000 of vier jaar tronkstraf vir huisbraak en diefstal gevonnis. Hy is tot ‘n verdere drie jaar tronkstraf gevonnis vir nog huisbraak- en diefstalsake.

Sien ook: Mooinooi murder suspect claims he does not know why he is behind bars

In 2008 is hy skuldig bevind aan handel in tweedehandse goedere sonder ‘n wettige permit en het ‘n R1 000 skulderkenning betaal.

Tlhape het gesê dat hy binnekort ook in verband met die moord van ‘n Rustenburg-vrou aangekla sal word.

Hy het getuig dat beskuldigde nommer een, ‘n werknemer van die sogenaamde baasbrein, na bewering een van die slagoffers verkrag het en by die brand van hul motor betrokke was. “Hy was na bewering ook daar toe die slagoffers se verbrande beendere weggegooi is en die slagoffers se bankkaarte was ook in sy besit. Ons het getuienis om die aanklagte te ondersteun.”

Tlhape het gesê dat beskuldigde een van Mosambiek af kom en dat die beskuldigde na sy mening na sy geboorteland sal vlug as hy op borgtog vrygelaat word. “Hy ken ook die getuienisse in die saak en sal met hulle kommunikeer en met die misdaadtoneel inmeng aangesien dit een van sy woonplekke was. Die vrou, wat hy sy ma in Suid-Afrika noem, het ook aan die polisie ‘n verklaring oor die bankkaarte gemaak.”

Die borgaansoeke duur voort.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
“You are an uncontrollable child” – prosecutor tells 18 year old accused

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: